Cyril gesels vandag oor mensregte
President Cyril Ramaphosa gaan die nasionale konferensie oor die Stand van Menseregte toespreek, wat 30-jaar van grondwetlike demokrasie en menseregte in Suid-Afrika vier. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling bied die konferensie van vandag tot Woensdag aan. Die tema is ‘Drie Dekades van Respek vir en die Bevordering van Menseregte’. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê afgevaardigdes sal die wetlike, administratiewe, operasionele en finansiële struikelblokke toelig wat die vordering met die volvoering van menseregte belemmer: