Cyril gesels oor korrupsie en krag

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sê al het die regering beslissende stappe gedoen om die era van staatskaping te beëindig, is die stryd teen korrupsie nog lank nie gewonne nie. Hy het sy staatsrede in Kaapstad se stadsaal gelewer. Ramaphosa sê dit is sy werk om seker te maak die staatskapingskommissie se verslag word behoorlik en versigtig oorweeg voordat daar opgetree word. Hy sê hy sal teen 30 Junie ‘n plan van aksie voorlê in reaksie op die kommissie se aanbevelings:

Ramaphosa sê die probleme in die land se ekonomie is diep en struktureel. Hy sê die ekonomie kan nie behoorlik funksioneer wanneer elektrisiteitsvoorsiening nie gewaarborg kan word nie, wanneer die spoorweg en hawens nie doeltreffend werk nie, wanneer vernuwing gekortwiek word deur ‘n gebrek aan breëband-spektrum, wanneer watergehalte verswak en maatskappye huiwerig is om te belê: