Cyril gaan sy mislukkings toesmeer: ATM

Die African Transformation Movement sê president Cyril Ramaphosa sal kosmetiese chirurgie uitvoer in sy Staatsrede, om die werklike toestand van die nasie, en die skande, te probeer toesmeer van hoe hy Suid-Afrika onder sy bewind en leierskap na ‘n plek van moedeloosheid gelei het weens sy geweldige mislukkings. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die president moet liewer in sy Staatsrede die waarheid blootlê en ook erken dat sy belofte van ‘n sogenaamde ‘nuwe dagbreek’, nooit ‘n werklikheid geword het nie.