Cyril gaan stemdag aankondig binne 15 dae na staatsrede

Die Presidensie het bevestig president Cyril Ramaphosa sal stemdag binne 15-dae na môre se staatsrede bekend maak. ‘n Proklamasie sal volg kort na die aankondiging. Die woordvoerder, Vincent Magwenya, het op ʼn nuuskonferensie oor die president se weeklikse program die publiek verseker daar is geen vertragings nie en Ramaphosa is maar al te bewus daar moet ʼn tydperk van 90-dae verloop tussen die aankondiging en stemdag. Hy raai alle landsburgers aan om na môreaand se toespraak te luister