Cyril en kie het nie beurtkrag onder beheer nie – EFF

Die EFF sê die elektrisiteitskrisis in Suid-Afrika word veroorsaak deur ‘n gebrek aan samehangende beleidsrigting. Die nasionale energiekrisis-komitee wat deur die kantoor van President Cyril Ramaphosa bestuur word, verwag dat die rekordgetal kragonderbrekings minder sal word wanneer maatreëls in plek gestel word. Dit sluit ‘n nuwe wet in wat aanlegontwikkeling bespoedig. Die EFF se adjunkpresident, Floyd Shivambu, sê die finansminister, Enoch Godongwana, se onlangse opmerkings dat die regering ‘n plan het om beurtkrag binne 12 tot 18 maande te beëindig, is snert: