Cyril betuig medelye na drie duikboot-matrose se dood

President Cyril Ramaphosa het sy medelye met die families en die Suid-Afrikaanse Vloot betuig ná ‘n tragiese voorval aan die kus van Kommetjie in Kaapstad. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê drie bemanningslede van die SAS Manthatisi het hul lewens verloor tydens ‘n operasie wat deur ‘n Suid-Afrikaanse Lugmag Maritieme Lynx-helikopter uitgevoer is. Magwenya sê hoë golwe het sewe bemanningslede meegesleur.