Cyril beloof billike, vinnige en volhoubare ekonomiese groei
President Cyril Ramaphosa sê die regering van nasionale eenheid sal aksies volg wat bydra tot volhoubare, vinnige ekonomiese groei, en elke struikelblok wat in die pad van groei staan, uit die weg ruim. Die president was by die opening van die Parlement in Kaapstad aan die woord. Ramaphosa sê hulle sal voortgaan om programme te volg wat breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging, diensbillikheid en die ondersteuning van klein- en mediumgrootte-ondernemings aanmoedig: