Cyril bekragtig Wysigingswetsontwerp op Verkiesings

President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Verkiesings bekragtig. Dit gee uitvoering aan ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof wat die wet ongrondwetlik verklaar het omdat dit deelname aan verkiesings slegs tot lede van politieke partye beperk het. Die gewysigde wet laat onafhanklike kandidate toe in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers, en stel ‘n paneel aan om hervormings aan die kiesstelsel na 2024 se verkiesing voor te stel. Die Presidensie se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Ramaphosa is tevrede dat wetgewende prosedures gevolg is en die wet grondwetlike ondersoek sal deurstaan.