Cyril bekommerd Putin se inhegtenisname kan tot oorlog lei
President Cyril Ramaphosa is bekommerd oor ‘n moontlike oorlog met Rusland indien die regering sou gehoor gee aan die Internasionale Strafhof se versoek om President Vladimir Putin in hegtenis te neem indien hy die Brics-beraad volgende maand bywoon. Die Noord-Gautengse hooggeregshof het opdrag gegee dat Ramaphosa se beëdigde verklaring rakende die Demokratiese Alliansie se saak, vrygestel word. Die DA wil hê die regering moet gedwing om die Strafhof se bevel uit te voer om Putin te arresteer indien hy die beraad bywoon. Ramaphosa sê hy het ‘n grondwetlike verpligting om die land se nasionale soewereiniteit, vrede en veiligheid te beskerm.