Cymot vier opening van Hilltop-tak

Cymot het Vrydagaand n sooispit geleentheid gehou om die opening van sy Hilltop-tak in die hoofstad te vier. Die hiper-moderne tak, langs Grove Mall in Kleine Kuppe, gebruik sonkrag en spog met unieke kenmerke. Sestig ton strukturele staal is in konstruksie gebruik asook 6 605 kubieke meter sement. Die voorsitter van die Cymot-raad, Axel Theissen, sê al die kontrakteurs was Namibies en die trots-Namibiese maatskappy poog om terug te ploeg in die land.

Theissen gee meer inligting oor Cymot se ander takke.