Curriebeker: Griekwas wen 25-21 teen die Leeus

Die Griekwas het in ‘n opwindende Curriebeker-kragmeting tot die laaste minute uitgehou om ‘n oorwinning van 25-21 teen die Leeus in Kimberley te behaal. Die tuisspan het teen rustyd reeds met 19-7 voorgeloop. ‘n Desperate poging van die Leeus in die tweede helfte was egter verniet. In vandag se wedstryde pak die Pumas die  Griffons in Mbombela, terwyl die Westelike Provinsie in Bloemfontein teen die Cheetahs te staan kom. ‘n Titaniese stryd word tussen die Bulle en die Haaie verwag wanneer hulle op Loftus kragte meet.