Curriebeker formaat aangepas, tree in ’25 in werking

Die Curriebeker sal vanaf 2025 bestaan uit 14 unies wat om die gesogte trofee meeding. Volgende jaar word die Premiers- en Eersteliga na ʼn ander tydperk verskuif sodat dit nie met die Europese kompetisies bots nie, en vind vanaf Julie tot einde September plaas. Die uitvoerende hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, sê hulle het baie ure lank beraadslaag met alle belanghebbendes, uitsaaivennoot SuperSport en moontlike borge, en dit is baie duidelik almal verkies die kompetisie moet sy eie datum op die kalender hê.