Curriebeker: Cheetahs steeds boaan die punteleer
Die Cheetahs het hulle posisie bo aan die punteleer van die Curriebeker versterk toe hulle die Westelike Provinsie gistermiddag in ‘n taai wedstryd in Bloemfontein met 26-21 geklop het. Die tuisspan het vier drieë gedruk teen WP se drie. Op Loftus was daar nóg pyn vir Bulle-ondersteuners na die span met 41-27 teen die Haaie verloor het. Die Pumas het ‘n 45-25 bonuspuntoorwinning oor die Griffons in Mbombela behaal. Vrydag het die Griekwas tot in die doodsnikke van die wedstryd uitgehou om die Leeus in Kimberley met 25-21 te klop.