Curriebeker: Cheetahs steeds bo

Die Cheetahs is steeds bo aan die Curriebekerpunteleer ondanks hulle nederlaag gisteraand van 35-23 teen die Haaie in Durban. Die Haaie is nou in die tweede plek vanweë die gunstige punteverskil van die Cheetahs. Die Westelike Provinsie maak steeds aanspraak op ‘n plek in die uitspeelwedstryde nadat hulle vroeër gister die verdedigende kampioene, die Pumas, met 22-14 in die Athlone-stadion in Kaapstad geklop het. Vanmiddag pak die Griffons vir Griekwas in Welkom, gevolg deur ‘n kragmeting tussen die Leeus en die Bulle in Johannesburg.