Curriebeker: Cheetahs gee Griekwas ‘n 42-19 loesing

Rugby: Die Cheetahs was te sterk en klinies vir verlede jaar se Curriebeker-finaliste, Griekwas, in die aanvangswedstryd van die 2023-seisoen in Kimberley. Die Vrystaters het hulle bure met 42-19 geklop en vyf drieë gedruk teen die tuisspan se drie, vir ‘n bonuspunt-oorwinning. Griekwas het in werklikheid die wedstryd in die eerste 40 minute verloor en was met rustyd reeds 22-0 agter. Die Haaie en die Griffons meet vanmiddag half-drie kragte in Durban en die Leeus en Westelike Provinsie pak mekaar half-vyf in Johannesburg.