Curriebeker: Bulle sukkel, maar wen Griekwas 47-24

Dit was nie maklike sege vir die onoorwonne Bulle in gisteraand se Curriebekerwedstryd teen Griekwas op Loftus Versfeld nie. Die besoekers het vroeg in wedstryd met 14-0 voorgeloop, maar die span van Pretoria het uiteindelik sewe drieë ingeryg om die Griekwas met 47-24 pak te gee vir ‘n bonuspunt-oorwinning. Vanmiddag om drieuur is dit die Westelike Provinsie wat die Haaie in Kaapstad verwelkom, die Cheetahs en die Leeus pak mekaar vyfuur in Bloemfontein. Môre is die Griffons die gashere vir die Pumas in Welkom.