CrowdStrike gedagvaar vir onderbreking in Julie

Die maatskappy te midde van die wêreldwye IT-onderbreking verlede maand word deur verskeie van sy aandeelhouers gedagvaar. Prokureurs voer aan die kuberveiligheidsmaatskappy CrowdStrike het beleggers bedrieg deur te swyg oor foute in sy sagtewaretoetse. Dit volg nadat ‘n sagteware-opdatering op 19 Julie tot die ineenstorting van 8 miljoen rekenaars gelei het. Dit het duisende ondernemings wêreldwyd geraak en ontwrigting op lughawens en in banke, hospitale en by uitsaaiers veroorsaak. Die prokureurs sê die firma se waarborge oor sy tegnologie was vals en misleidend.