Creecy sê Klimaatreaksiefonds sal nie besteel word nie

Suid-Afrika se omgewing-minister, Barbara Creecy, het die belangrikheid beklemtoon van die Klimaatreaksiefonds as ‘n deurslaggewende maatreël om die gevolge van klimaatsverwante katastrofes te hanteer. Sy het die Presidensiële Klimaatskommissie toegespreek en die versekering gegee die fonds sal nie besteel word nie, maar sal dien as ‘n meganisme om geld in te samel om infrastruktuur te herstel wat deur gure weer beskadig is. Die fonds sal ‘n kanaal wees om toegang te verkry tot die internasionale verlies- en skadefonds van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonfensie oor Klimaatsverandering.