Creecy bespreek volhoubaarheid in Indië by G20

Die Suid-Afrikaanse omgewingsminister, Barbara Creecy gaan môre in Chennai, Indië, deelneem aan die G20-ministeriële vergadering oor die Omgewing en Volhoubaarheid.  Die vergadering gaan aanbevelings oorweeg wat senior amptenare van die G20 se werkgroep oor Omgewing en Klimaatvolhoubaarheid voorberei het. Peter Mbelengwa van die departement sê Suid-Afrika het ‘n belangrike rol om in die G20 te speel, vir die bevordering van ‘n ambisieuse omgewings- en klimaatagenda in die konteks van volhoubare ontwikkeling: