Cran sê hy sal Starlink-gebruikers vervolg

Die kommunikasie regulerende owerheid, Cran, sê hy neem kennis van die onwettige gebruik van Starlink se internet-dienste in Namibië terwyl die diens nie plaaslik gelisensieer is nie. In ‘n verklaring maan Cran lede van die publiek om nie die diens te bekom nie en sê gebruik daarvan is ontwettig. Die owerheid sê hy is tans aktief besig om regstappe teen die betrokke individue te neem. Starlink het wel aansoek gedoen vir ‘n plaaslike lisensie maar dit is nog nie goedgekeur nie. Daar is uitdagings omdat Starlink ten volle in buitelandse besit is wat teenstrydig is met die plaaslike wetgewing.