CR-17: Mkhwebane het geen gesag gehad vir ondersoek nie

Die buurland se Konstitusionele Hof het bevind dat die openbare beskermer, Busisiwe Mkhwebane, geen gesag gehad het om bewerings van geldwassery tydens President Cyril Ramaphosa se CR17-veldtog te ondersoek nie. Die hof het ook bevind dat sy geen reg gehad het om die speaker te beveel om te eis dat Ramaphosa sy skenkers bekend maak nie. Regter Chris Jafta sê die ondersoek was nie deel van die klagtes wat sy ondersoek het nie:

Jafta het ook beslis dat daar geen bewyse op rekord is dat Ramaphosa persoonlik uit die CR17-skenkings voordeel getrek het nie, en dat hy nie doelbewus die Parlement mislei het nie: