Covid-saak: Meriete nie aangespreek nie

Die aansoek van die Health Defence League, oor onder andere die Covid-inenting, is in die hoërhof ter syde gestel. Adjunk-regter president Hosea Angula het beslis dat die aansoekers, onder die leierskap van dr. Martin Wucher, nie die prosedurele reg gehad het om die aansoek te bring nie. Dit is omdat die liga se uitvoerende komitee nie ‘n resolusie aangeneem het wat Wucher gemagtig het om die regsgeding aanhangig te maak nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Henk Mudge, die president van die Republikeinse Party, wat ook deel is van die Health Defence League. Hy sê hy is uiters teleurgestel in die uitspraak.