Covid-reaksie, plaaslik en internasionaal in die nuus

Terwyl die president van die Republikeinse Party Henk Mudge die waarheid van die Covid-pandemie bevraagteken en dit as sameswering uitgebeeld het, loop die gewese eerste minister van die Verenigde Koninkryk, Boris Johnson, ook deur in die verband. Hy sê die regering het die omvang en pas van die Covid-19-pandemie onderskat. Hy verskyn op die oomblik voor die Covid-ondersoek. Johnson het in September verlede jaar na ʼn reeks skandale bedank. Daar was onder andere berigte dat hy en ander amptenare tydens inperking partytjies by Downingstraat gehou het waar alkohol vryelik gevloei het. Johnson sê die regering het dalk mense aangemoedig om te gou na die inperking terug te gaan werk toe: