Covid: Positiewe koers op 23,2%

Die jongste Covid-syfers vir Namibië, vir die week 29 Mei tot 4 Junie dui ‘n positiewe koers van 23,2 persent aan, beter as die vorige week se 38 persent. Daar is 74 nuwe gevalle uit 319 toetse bevestig met Khomas wat op 19 gevalle staan terwyl Oshana tweede geplaas is met 15 en Otjozondjupa op 14. Geen sterfgevalle is aangemeld nie. Nes die vorige week, is daar steeds 15 pasiënte in die hospitaal.