Covid onder beheer op Lüderitz

Die hoof mediese beampte in die Karas-streek, Ife Ofunne, het aan plaaslike media bevestig dat Covid in Lüderitz onder beheer is. Dit kom na kommer oor sewe nuwe gevalle wat in ‘n week net voor die Kreeffees bevestig is. Volgens Ofunne is vyf van die gevalle gesondheidswerkers en twee is inwoners van die dorp. Al sewe het geïsoleer en is blykbaar simptoomvry. Die dorp se besighede en ander openbare instansies is voor die fees aangemoedig om weer handreiniging en sosiale afstand toe te pas om te verhoed dat gevalle versprei. Dit is suksesvol afgehandel.