Covid kry skuld vir swak Namibiese eksamenuitslae
President Hage Geingob lê ná sy vergadering met rolspelers in die Namibiese onderwyssektor verlede jaar se swak eksament-uitslae voor die deur van die Covid-pandemie. Hy sê uit die 198 dae wat leerders skool in 2020 en 2021 moes bywoon, het graad 11’s en 12’s altesaam 53 skooldae misgeloop en graad 10’s 78 dae. Van die oplossings volgens Geingob is die voorsiening van bykomende klaskamers en opgradering van vervalle onderwysinfrastruktuur, en die verkryging van voldoende onderrig- en leerhulpbronne. Hy sê onderwysers moet voldoende ondersteuning gebied word deur voortdurende professionele ontwikkeling en die werwing van skoolpersoneel moet bespoedig word.