Covid is nog daar, al berig niemand nie…

Terwyl geen mediahuise op die huidige stadium enige beriggewing oor Covid doen nie, het Kosmos 94.1 Nuus die jongste syfers gaan opsoek. Wêreldwyd daal gevalle. Op die oomblik is die internasionale herstelkoers op 98,4 persent en die sterftesyfer op 1,5 persent. Aktiewe gevalle is tans op 61 miljoen, af van 76 miljoen ‘n maand gelede. Nuwe infeksies daal ook skerp. Daar was wêreldwyd 1,6 miljoen nuwe gevalle Donderdag bevestig, af van 3,8 miljoen ‘n maand gelede, met 1,8 miljoen pasiënte wat herstel het. Ernstige gevalle van Covid regoor die wêreld is op 73 000. Kumulatief, het 374,8 miljoen mense sedert die begin van die pandemie herstel.