Covid-inenting: Djokovic sê hy is as skurk verklaar

Die wêreld se nommer een-tennisspeler, Novak Djokovic, sê hy is basies as skurk verklaar toe hy verlede jaar geweier het om hom teen Covid-19 te laat inent. Die 36-jarige Serwiër het verlede jaar vrystelling gekry om aan die Australiese Ope deel te neem nadat die land lank streng inperkingsmaatreëls gehandhaaf het. Hy is ná openbare teenkanting egter gedeporteer. Djokovic het in ‘n onderhoud op CBS News dit duidelik gestel dat hy nie teen of ten gunste van inentings is nie: