Covid het 2 miljoen werksverliese in SA veroorsaak

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika het twee miljoen werksgeleenthede weens die Covid-19-pandemie verloor. Hy het vandag konferensiegangers by die opening van die vierde Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Die president het in 2018 onderneem om binne vyf jaar meer as 1,200 triljoen Suid-Afrikaanse rand se beleggings te verseker en só ekonomiese groei aan te wakker en werkskepping te stimuleer. Ramaphosa sê meer mense sou hul werk verloor het, as die regering nie ‘n ongekende maatskaplike en ekonomiese hulpplan bekend gestel het nie: