Covid-gevalle styg skerp in Tshwane

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes in Suid-Afrika sê die gelokaliseerde toename in Covid-19-gevalle in Suid-Afrika is nie onverwags nie. Maar dit is egter moeilik om te sê of dit ‘n aanduiding van die begin van ‘n nuwe vlaag is. Intussen is daar ‘n skerp toename in die aantal aktiewe Covid-19-gevalle in die Stad Tshwane bevestig. Die jongste verslag dui die aktiewe gevalle het vanaf gister tot by 1 689 toegeneem. Verlede Maandag het die aantal aktiewe gevalle op 362 gestaan. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê die nuwe bevestigde daaglikse gevalle het ook aansienlik toegeneem vanaf onder 50 tot meer as 300: