Covid-gevalle styg effe, hier en in SA

Alle aanduidings is dat Covid-gevalle tydens die winter sal toeneem. Plaaslik is daar wel ‘n klein styging in gevalle met 83 uit 836 toetse wat bevestig is. Dit is ‘n positiewe koers van 9,9 persent. Daar is 14 persone in die hospitaal met agt in hoësorg. In Suid-Afrika blyk dit ook om die geval te wees. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes het 3 838 nuwe gevalle aangemeld. Dié styging verteenwoordig ‘n positiewe koers van 22 persent.