‘Covid-entstowwe se voordele meer as newe-effekte’

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte, Sahpra, is steeds oortuig dat die Covid-entstof meer voordele as nadele inhou, al het dokumente van Pfizer nou gewys dié entstof kan meer as 1 000 newe-effekte tot gevolg hê. Kosmos 94.1 Nuus het aan Ben Nangombe, die uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, gevra hoe die newe-effekte van Covid-entstowwe in Namibië lyk. Hy het beaam die voordele van entstowwe weeg swaarder op as die nadele.