Covid-chaos draai weer 

Covid-paniek en die gepaardgaande fopnuus het weer sy verskyning in die land gemaak. Dit kom na 20 gevalle by twee skole op Rehoboth oor die naweek bevestig is. Volgens wat berig word, sal die onderwysministerie binnekort riglyne daarstel maar, in tussen het die gesondheidsministerie ‘n waarskuwing gerig oor die roudienste van Hage Geingob. Die uitvoerende direkteur Ben Nangombe het lede van die publiek daaraan herinner om die gewone Covid-19 maatreëls toe te pas. Die publiek word ook gewaarsku oor die verspreiding van fopnuus, soos Sondag toe ‘n plasing dat daar meer as 2 500 gevalle bevestig is, gedeel is. Nangombe sê geen dorp behalwe Rehoboth het gevalle aangemeld nie.