Covid bewys die ekonomiese belangrikheid van KKNK

Die terugkeer van ’n volle Klein-Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn laat plaaslike sake-eienaars glimlag. Die laaste volle fees is in 2019 aangebied vóór dit onder streng maatreëls aangepas moes word om feesgangers se veiligheid te verseker. Die artistieke direkteur van die KKNK, Hugo Theart sê die Covid-19 pandemie het opnuut beklemtoon hoe belangrik die fees vir die plaaslike ekonomie is: