Covid-19 pandemie blaas glo skool-ongeletterheid aan
Volgens statistieke wat deur Unicef vrygestel is, is geletterheid onder plaaslike jeug kommerwekkend. Kinders van 10 jaar oud het nie goeie lees- en wiskunde vaardighede nie en kan dikwels nie ‘n sin met begrip lees nie. Unicef se verteenwoordiger in Namibië, Samuel Ocran, het by die opening van die kinderparlement gepraat.
Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die uitvoerende direkteur van onderwys, Sanet Steenkamp, wat sê die Covid-19 pandemie is een van die redes vir die ongeletterdheid.