Country-ster George Strait breek die bywoningsrekord met die grootste konsert wat nog ooit in die VSA gehou is

Die Texas-boorling George Strait het ‘n bywoningsrekord opgestel vir ‘n konsert in die Verenigde State van Amerika, wat voorheen gehou is deur die groep Grateful Dead, wat 107 019 aanhangers by hul 1977 vertoning by Raceway Park in New Jersey gehad het. Strait se vertoning het ook ‘n nuwe rekord opgestel vir Texas A&M Kyle Field vir ‘n enkele geleentheid, met 110 905 aanhangers wat dit bygewoon het.

Foto verskaf: @alivecoverage/Messina Touring Group

Kyk na van die konsert hieronder:

Strait het baie rekords in sy roemryke loopbaan opgestel soos: Die meeste Nr. 1-enkelsnitte van enige kunstenaar in enige genre, die enigste kunstenaar wat elke jaar vir 30 jaar vanaf die 1990’s tot die 2010’s ‘n top 10-treffer op beide Hot Country Songs en die Country treffer-parade gehad het, die meeste nommer 1’s op die Top Country Albums grafieke, en die mees RIAA-gesertifiseerde goue en platinum-albums in die geskiedenis van country-musiek.

Voor die vertoning het Strait twee nuwe liedjies “MIA down in MIA” en “The Little Things” bekend gestel, albei vanaf sy opkomende album, “Cowboys And Dreamers”, sy 31ste album wat op 6 September vrygestel sal word.

Strait het nog vier konserte in 2024 – die 29st Junie in Salt Lake City in Utah, die 13de Julie in Detroit, die 20st Julie in Chicago en die 7de Desember in Las Vegas.

Luister nou na sy nuwe liedjie “MIA Down in MIA” hieronder: