Cosatu vra sanksies teen Eswatini

Die vakbondfederasie Cosatu doen ‘n beroep vir sanksies teen Eswatini nadat twee lede van die parlement 68-jaar tronkstraf opgelê is omdat hulle gevra het vir demokrasie. Mduduzi Bacede Mabuza en Mthandeni Dube is skuldig bevind aan opstook van onrus tydens pro-demokrasiebetogings in Junie 2021. Meer as 80 betogers is dood. Die twee is in Junie verlede jaar skuldig bevind aan terrorisme, aanhitsing en moord. Bongani Masuku van Cosatu sê hulle is geskok en woedend oor die wrede vervolging van die twee LP’s.