Cosatu verwerp Eskom-ontbondeling


Cosatu sê Suid-Afrikaanse werkers vrees Eskom se ontbondeling kan ‘n voorloper wees tot sy toekomstige privatisering, wat werkgeleenthede en kragtariewe kan raak. Die vakbondfederasie is erg bekommerd oor die ontbondeling, insluitend die aankondiging oor die daarstelling van ‘n transmissiemaatskappy. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle is gekant teen die Wysigingswetsontwerp op Elektrisiteit en doen ‘n beroep op die parlement om dit te verwerp: