Cosatu verwelkom verlaging in werkloosheid

Die buurland se vakbondfederasie Cosatu het die verbetering in die werkloosheidstatistiek verwelkom. Statistiek SA het die uitslae van sy Kwartaallikse Arbeidsopname bekend gemaak. Data toon Suid-Afrika se werkloosheidskoers het in die derde kwartaal met een persentasiepunt tot 32,9-persent gedaal. Matthew Parks van Cosatu sê egter die land het nog ‘n lang pad om te stap voor hierdie afwaartse neiging gehandhaaf kan word. Hy het beklemtoon beurtkrag moet reggestel word om die arbeidsmark bestendig te kry: