Cosatu verwelkom uitbreiding van SA se Agoa-lidmaatskap

Cosatu sê hy steun die uitbreiding van Suid-Afrika se lidmaatskap en die skep van ‘n nuwe Agoa as ‘n hupstoot vir die ontwikkeling van Afrika se ekonomie en werkskepping. Dit volg nadat die forum afgesluit is in Washington D.C. Die woordvoerder Zanele Sabela loof die handelsminister se pogings, met Agoa wat die Suid-Afrikaanse mynbedryf, en die vervaardiging- en landbousektore bevoordeel en 450 000 werkgeleenthede ondersteun.