Cosatu verwelkom pogings om werk te red

Cosatu het die onvermoeide pogings van sy filiaal, NUM, verwelkom om die werk van meer as 2 205 mynwerkers te red en te verseker dat vrede by Impala se Platinum Bafokeng Rasimone-myn in Noordwes heers. Die Federasie is diep bekommerd oor die vlak van spanning en berigte van geweld en gyselaars wat vandeesweek by die myn uitgaan. Cosatu se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê die situasie bly baie sensitief.