Cosatu verwelkom optrede om aanhitsing tot geweld te keer

Cosatu verwelkom die optrede deur die Nasionale Vervolgingsgesag om pogings om geweld aan te hits te hanteer voor die verkiesing van 29 Mei. Dit volg nadat die senior uMkhonto weSizwe-partylid Visvin Reddy aangekla is nadat hy met geweld gedreig het sou die Verkiesingskommissie en die howe negatiewe besluite neem teen die voormalige president Jacob Zuma. Die waarnemende woordvoerder van Cosatu, Matthew Parks, sê die land kan nie politieke geweld bekostig nie.