Cosatu verwelkom hofuitspraak oor Zuma

Cosatu het die Konstitusionele Hof se beslissing verwelkom dat oudpresident Jacob Zuma nie tot die Nasionale Vergadering verkiesbaar is nie. Die Verkiesingskommissie het Zuma as kandidaat gediskwalifiseer weens sy vonnis van 15 maande vir minagting van die hof in 2021. Die MK-party het hom op hul kandidatelys ingesluit. Matthew Parks van Cosatu sê die uitspraak is nóg ‘n welkome bewys dat Suid-Afrika op die regte pad is ná staatskaping en korrupsie toe politici ongestraf kon optree: