Cosatu steun progressiewe Ouer Persone-wetsontwerp

Cosatu in Suid-Afrika sê hy steun die Wysigingswetsontwerp oor Ouer Persone en vra die parlement om die aanvaarding te bespoedig van, wat hy noem, die lank agterweë progressiewe wetgewing. Die wetsontwerp stel verskeie maatreëls voor om die beskerming en versorging van ouer mense te verbeter. Matthews Parks van Cosatu sê ‘n belangrike deel van pogings om ‘n meer sorgsame samelewing te bou, is om te verseker dat die kwesbaarstes beskerm word.