Cosatu sê Zuma moes lankal geskors gewees het

Cosatu sê oudpresident Jacob Zuma moes lankal uit die ANC geskors word. Die regerende party se Nasionale Uitvoerende Komitee het besluit om Zuma te skors nadat hy die ANC se grondwet oortree het deur vir ʼn ander party stemme te werf. Hy voer ʼn verkiesingsveldtog vir die uMkhonto weSizwe-party en het gesê hy sal nie in die komende algemene verkiesing vir die ANC stem nie. Cosatu se president, Zingiswa Losi, sê Zuma doen wat hy tydens sy termyn as teenrevolusionêr beskou het: