Cosatu sal vanjaar fokus op hoër minimumloon
Die Congress of South African Trade Unions sê hy sal voortgaan om te druk vir ‘n hoër minimum-loon vir werkers. Die vakbondfederasie het Werkersdag in die Vrystaat gevier, en die 20ste herdenking van die tragiese heengaan van 51 munisipale werkers op die eerste Mei in 2003 gehuldig. Cosatu se president, Zingiswa Losi, sê hul fokus vir die jaar is om voort te gaan om te veg vir die regte van werkers en loongeskille so gou as moontlik by te lê: