Cosatu-president verkies tot Internasionale Arbeidsorganisasie
Die president van Cosatu, Zingiswa Losi, is tot die beheerliggaam van die Internasionale Arbeidsorganisasie verkies tot 2027. Noxolo Bhengu van die vakbondfedeasie sê dié prestasie beklemtoon Cosatu se toewyding aan die bevordering van werkers se regte en sy rol in die arbeidsmag wêreldwyd. Sy sê Losi het nou die platform om belangrike insette te lewer wat arbeidsbeleid wêreldwyd kan beïnvloed.