Cosatu ondersteun protes teen kragtariewe in Kaapstad
Die vakbondfederasie Cosatu in die Wes-Kaap sê hy beloof sy steun aan inwoners van Kaapstad se verset-optrede Saterdag teen die hoë kragtariewe. Daar word beweer die metro het die energie-reguleerder, Nersa, se aanbevole plafon van ‘n tariefverhoging van 15,1 persent vir munisipaliteite oorskry en ‘n verhoging van 17,6 persent ingestel. Inwoners voer aan dit het hul lewenskoste onregverdig verhoog. Cosatu se sekretaris, Malvern de Bruyn, beskuldig die stad dat hy sy inwoners se welstand verwaarloos.