Cosatu loof twee nuwe maatskappy-wette wat Ramaphosa onderteken

Cosatu het president Cyril Ramaphosa se ondertekening van twee wette op maatskappye verwelkom. Die vakbondfederasie se waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle loof die regering vir die dapper, pro-werker, teen-korrupsie wette. Parks sê die wette is kragtige wapens in die stryd teen korrupsie in die korporatiewe sektor, en sal die privaatsektor en staatsondernemings in die rigting van ‘n meer gelyke en regverdige loonstruktuur stuur: