Cosatu kap bendes, geweld in skole
Cosatu sê skole moet ʼn veilige plek wees vir kinders waar onderwysers ʼn omgewing kan skep wat bevorderlik is vir leer. In die jongste voorval is die omstrede pastoor Paseka Motsoeneng op video vasgevang waar hy ʼn kapmes by die Matsediso Primary School in Katlehong rondswaai en twee kinders met geweld verwyder. Zanele Sabela van Cosatu sê Suid-Afrikaners moet ophou om die geweld, bendes en wetteloosheid te verdra wat jare lank al in baie township-skole endemies is.